Jaarboeke

Komplementêre vakdissiplines 715


 
Modulekode MBK 715
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

*Hierdie module vervang MBK 714 en is slegs beskikbaar vir BA(MBK)Hons- studente met spesialisering in biokinetika.
Na afloop van hierdie module sal die student onderrig wees in sportvisie, podiatrie, etiek en finansiële bestuur en daartoe in staat wees om dit in die praktyk te kan toepas.
• Sportvisie: Die student sal oor algemene kennis beskik rakende die
  verskillende sportvisietoetse, die interpretasie daarvan en die voorskryf van
  inoefeningsprogramme.
• Podiatrie: Die student sal oor algemene kennis beskik rakende stylanalise,
  die identifisering van verskillende voetprobleme en die voorskryf van korrekte
  skoene en rehabilitatiewe inoefeningsprogramme.
• Etiek: Die toekoms en beroepsgeleenthede binne sport en biokinetika,
  sportmanskap, sport en etiek, sport en prestasiemiddels, sport en tegnologie.
• Finansiële bestuur: Wanneer die biokinetikus die praktyk betree, word hy/sy in
  wese sakeman wat hom/haar in die ekonomiese sektor bevind. Hierdie
  module is daarop gemik om die basiese beginsels van ondernemingsbestuur,
  finansiële bestuur en inkomsbelasting op sinvolle wyse aan die student wat
  die praktyk gaan betree, aan te bied.

Modulekrediete 27.00
Voorvereistes Toelating tot relevante program
Kontaktyd 1 lesing per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Sport- en Vryetydstudies
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences